Die Verstand van Islam en Moslems

Wat is Islam?

Wie is die Moslems?

In wat glo Moslems?

Hoe word iemand Moslem?

Wat beteken ‘Islam’?

Hoekom lyk Islam dikwels eienaardig?

Het Islam en Christenskap verskillende afkoms?

Wat is die Ka’ba?

Wie is Muhammad?

Hoe het Muhammad ‘n profeet en boodskapper van God geword?

Hoe het die versprei van Islam die res van die wêreld geraak?

Wat is die Koran?

Oor wat is die Koran?

Is daar enige ander huilige bronne?

Wat is die ‘Vyf Pilare’van Islam?

Hoe verdraagsaam is Islam teenoor ander oortuigings?

Wat dink Moslems van Jesus?

Hoekom is die familie so belangrik vir Moslems?

Wat van Moslem vroumense?

Kan ‘n Moslem met meer as een vrou trou?

Is ‘n Islamiese huwelik soos ‘n Christen een?

Hoe behandel Moslems hulle bejaardes?

Hoe sien Moslems die dood?

Wat se Islam oor oorlog?

Wat van kos?

Hoe waarborg Islam menseregte?

Islam in die Verenigde State

Die Moslim wêreld


Wat is Islam?

Islam is nie ‘n nuwe geloof nie, dit is die selfdewaarheid wat God deur al Sy profeete na al mense bekendgemaak het. Islam is ‘n geloof en ‘n volledige manier van lewe, vir eenvyfde van die wêreld se populasie. Moslems volg ‘n geloof van vrede, genade en vergifnis, en die meerdeheid is nie betrokke met die gewigtige gebeurtenisse wat die laaste tyd met hulle geloof assosieer is nie.


Wie is die Moslems?

Hoe om ‘n Moslem geword het, hoe om te skakel na Islam
‘n Marokkaan wat bid.

Een miljaard mense van ‘n groot wydte geslagte, nasies en kultuure deur die hele wêreld – van suidelik Filippyne tot Nigerië – is verbind in hulle gemeene Islamies geloof. Omtrent 18% van hulle woon in die Arabiese lande; die wêreld se grootste Moslem gemeenskap is in Indonesië; groot dele van Asië en die meeste van Afrika is Moslem. Daar is ook veelbetekende minderheide in die Soviet Unie, Sjina, Noord en Suid Amerika en Europa.


In wat glo Moslems?

Moslems glo in Een, Uniek, Onvergelyklik God; in die Engele wat deur hom omskep is;in die Profeete deur wie Sy onthullings na die mensdom gebring is; op Oordeelsdag sal elkeen verantwoordelik wees vir hulle optrede; God is die totaal segsman oor menslike bestemming in die lewe en na die dood. Moslems glo in ‘n ketting van profeete wat begin met Adam, Noag, Abraham, Ismael, Isak, Jacob, Joseph, Job, Moses, Aaron, David, Salomo, Elias, Jonah, Johannes die Doper en Jesus, vrede op hulle. Maar die Here se laaste boodskap aan die mensdom, ‘n herbevesting van sy ewige boodskap en ‘n opsomming van alles wat gebeur het was bekend gemaak aan die Profeet Muhammad deur Gabriel.


Hoe word iemand Moslem?

Dit is eenvoudig, ons sê net ‘ daar is geen god afsonder van God, en Muhammad is die Boodskapper van God.’

 

Deur hierdie verklaring kondig die gelowige sy of haar geloof aan in al die boodskappers van God, en die Skrifte wat hulle gebring het.


Wat beteken ‘Islam’?

Die Arabiese woord ‘Islam’ beteken eenvoudig ‘ voorlegging’ en spruit uit ‘n woord wat beteken ‘vreegde’. In ‘n godsdienstige konteks beteken dit volledige voorlegging na die wil van God. Dus, is dit ‘n wanbenaming om dit ‘Mohammedanisme’ te aanspreek want dit voorstel dat Moslems Muhammad vereer en nie God nie. ‘Allah’ is die Arabiese naam vir God, en is die woord wat Arabiese Moslims en Christelike almal gebruik.


Hoekom lyk Islam dikwels eienaardig?

Islam lyk soms eksoties of ook uiters in die moderne wêreld. Miskien is dit omdat geloof nie so oorheersend is in die Wes vandag, terwyl Moslems hulle geloof altyd eerste het in hulle gedagtes, en hulle maak geen skeiding tussen die wêreldlik en heilig nie. Hulle glo dat die Goddelike Wet, die Shari’a, moet baie streng gevolg word, en dit is hoekom alle gevolge verwant met hulle geloof altyd baie belangrik is.


Het Islam en Christenskap verskillende afkoms?

Nee. Saam met Judaïsme, gaan hulle terug na die profeet en patriarg Abraham, en hulle drie profeete is direk afstammeling van sy seuns Muhammad van die oudste, Ismael, en Moses en Jesus van Isaak. Abraham het die kolonie gevestig wat vandag die stad van Mekkah is, en die Ka’ba gebou, na wat alle Moslems draai wanneer hulle Bid.


Wat is die Ka’ba?

MAKKAH, SAOEDIEI‐ ARABIË

Die Ka’ba is ‘n plek van aanbidding, gegou deur Abraham en Ismael na God se beveel, meer as vier duisend jaar geleede. Dit is met steun gebou op wat baie glo was die oorspronklike ligging van ‘n heiligdom gevestig deur Adam. God het Abraham bevel om al mensdom bymekaar te roep om die plek te besoek, en wanneer pelgrime vandag daar gaan, roep hulle ‘Op Jou diens, O Here’, in antwoord na Abraham se oproep.


Wie is Muhammad?

Muhammad, is in Mekkah gebore in die jaar 570, teen die tyd was Christenskap nog nie heeltemal gevestig in Europa nie. Sy pa is voor sy geboorte dood, en kort na sy geboorte het sy ma ook gesterwe. Hy is deur ‘n oom van hom grootgemaak van die opsigte stam van Quraysh. Soos he groot geword het, het hy bekend geword vir sy waarhyeidliwendheid, edelmoedigheid en sy opregtheid en was gesogte vir sy bekwaamheid om geskille te kan skeidsregter. Geskiedenkundiges beskrywe hom as ‘n kalm en denkend mens.


Hoe het Muhammad ‘n profeet en boodskapper van God geword?

DIE PROFEET SE MOSKEE, MEDINAH, DIE KOEPEL WYS WAAR SY HUIS GESTAAN HET EN WAAR HY OORLEDE IS.

Toe Muhammad veertig was, het hy terwyl hy in ‘n meditatiewe afsondering was, sy eerste openbaring van God ontvang, deur die Engel Gabriel. Die openbaring het vir drie en twintig jaar aangehou, en is bekend as die Koran.

Toe hy die woorde wat hy van Gabriel gehoor het begin opsê, en die waarheid wat God vir hom geopen het begin preek, is hy en ‘n klein groep volgelinge vervolg , dit het so erg geword dat in die jaar 622 het God hom beveel om te emigree. Die gebeurtenis, die Hijra, ‘migrasie’, is toe hulle Makkah gelos het en na Medinah toe getrek, twee honderd en sestig myl noord, en dit merk die begin van die Moslem kalender.

DIE BERG VAN LIG, WAAR GABRIEL NA DIE PROFEET MUHAMMAD TOE GEKOM HET.

Na ‘n paar jare, kon die Profeet en sy volgelinge teruggaan na Makkah toe, hulle het hulle vyande vergewe en Islam beslis gestig. Voor die Profeet teen die ouderdom van drie en sestig gesterwe het, was ‘n groot deel van Arabië al Moslem, en in ‘n eeu na sy dood het Islam tot Spanje in die wes en tot Sjina in die oos versprei.


Hoe het die versprei van Islam die res van die wêreld geraak?

Taj Mahal, Indië

Een van die redes vir die vinnige en vreedsame versprei van Islam was die eenvoudigheid van sy dogma – Islam roep vir die geloof in net Een God wat waardig is om ons aanbidding te ontvang. Herhaaldelik onderrig Islam dat ‘n mens sy magte van intelligensie en waarnemeing moet gebruik.

Hui Shen Moskee, Shjina.
Gebou in die Sewende Eeu.

Binne ‘n paar jaar het groot beskawings en universiteite gevloreer, want volgens die Profeet, ‘die opsoek van kennis is ‘n obligasie vir elke Moslem man en vrou’. ‘n Sintese van idees van die Ooste en die Weste en nuwe gedink saam met die oud, het groot vooruitgang gebring vir mediese, wiskunde, fisiek, sterrekunde,geografie, argitektuur,kuns, letterkunde en geskiedenis. Baie deurslaggewende stelsels soos algebra, Arabiese syfers, die konsep van zero (lewensbelangrik vir die bevordering van wiskunde) was oorgedra na Europa toe van Islam. Gesofistikeerde instrumente maak dit moontlik vir die Europese reise te onderneem en om ander lande te ontdek en te ontwikkel. Instrumente soos die astrolabium, kwadrant end navigasie kaarte.


Wat is die Koran?

Die Koran is ‘n afskrif van die presiese woorde geopenbaar by God deur die Engel Gabriel na die Profeet Muhammad toe. Dit was gememoriseer deur Muhammad en dan gedikteer na sy Metgeselle en neergeskryf deur skrifgeleerders, hy het deur sy leeftyd dit kruis‐nagegaan. Nie een woord van die Koran se honderd en veertien hoofstukke, Suras, is ooit oor die eeue verander nie, en so bly elke besonderheid van die skrif, nog uniek en wonderbaarlik soos dit geopenbaar is na Muhammad veertien eeue gelede.

Die opening hoofstuk van die Koran, is sentraal in Islamiese gebed. Dit Bevat die wese van die Koran en is opgesê tydens elke gebed.

 

 


Oor wat is die Koran?

Die Koran, was die laaste geopenbaar Woord van God, en is die eerste bron vir elke Moslem se geloof en praktyk. Dit behandel al die ontwerpe wat belangrik is vir mense: wysheid, leer, aanbidding en die wet, maar sy basiese tema is die verhouding tussen God en sy wesens. Die selfde tyd verskaf dit leiding vir ‘n regverdige samelewing, behoorlike menslike gedrag en ‘n billike ekonomiese stelsel.


Is daar enige ander huilige bronne?

Ja , die sunna, die praktyk en byvoorbeeld van die Profeet, is die tweede gesag vir Moslems. ‘n Hadith is ‘n betroubare oordraagbare verslag van wat die Profeet gesê het,gedoen het, of goedgekeur het. Geloof in die sunna is deel van die Islamiese geloof.

Voorbeelde van die Profeet se gesegde

Die Profeet het gesê:

‘God het geen genade vir die wat geen genade het vir anders.’

‘Geen van julle glo werklik, totdat julle wens dat jullebroers kry wat julle vir jouself wens.’

‘Hy wat eet tot dat hy vol is terwyl sy buur honger is, is nie ‘n gelowige.’

‘Die eerlike en betroubare sakeman is geassosieer met die profeete, die heiliges en die martelare.’

‘Hy wat iemand slaan totdat hy val is nie kragtig nie. Kragtig is hy wat homself kan beheer as hy kwaad word.’

‘God nie oordeel Hom volgens julle liggame en verskynings, maar Hy skanderings jou hart en kyk na jou dade.’

‘n Man het teen ‘n pad geloop en hy het baie dors gevoel. Hy het na ‘n fontein gekom en afgeklim om water te drink. Toe hy opgekom het, het hy ‘n hond gesien, die hond was so dors dat sy tong uitgehang het. Die hond was net so dors soos hy vroeër was voor hy die water gedrink het. Hy het weer na die fontein toe afgeklim en sy skoen vol water gemaak en na die hond toe gebring. God het vir die aksie sy sonde vergeef.’Die Profeet is gevra, ‘Boodskapper van God, sal ons beloon word as ons goedhartig teen diere is?’ Hy het geantwoord, ‘Daar is ‘n beloning vir goehartigheid na elke lewende ding.’

Van die hadith versamelings van Bukhari, Muslim, Tirmidhi en Bayhaqi.

Wat is die ‘Vyf Pilare’van Islam?

Hulle is die raamwerk van die Moslem lewe: geloof, gebed, kommer vir behoeftiges, self suiwering en die pelgrimstogte na Makkah vir daardie wat in staat is.

1. Geloof

Die Shahada is ingeskrewe by die ingang van die Ottomaanse Topkapi
Paleis ( In die musuem is daar ‘n mantel wat die Profeet gedra het en baie ander skatte), Istanbul.

“Daar is geen god wat waardig van aanbidding behalwe God, en Muhammad is Sy boodskapper.”

Die verklaring van geloof is die Shahada, ‘n eenvoudige formule wat al geloofdes kan spreek. In Arabiek, is die eerste deel: La ilaha illa Llah – ‘daar is geen god behalwe God’; ilaha (god) kan verwys na enige iets wat ons kon verlei om in God se plek te sit – rykdom, krag, en sulke dinge. Dan kom illa Llah: ‘behalwe God’, die bron van die Skepping.

Die tweede deel van die Shahada is Muhammadun rasulu’Llah: ‘Muhammad is die boodskapper van God.’’n Boodskap van leiding wat van ‘n mens soos ons kom.

 

2. Gebed

Salat is die naam vir die verpligtende gebede wat vyfkeer ‘n dag uitgevoer is, en is ‘n direkte skakel tussen die aanbidder en God. Daar is geen hiërargiese gesag in Islam nie, en geen priesters nie, so die gebede is gelei deur ‘n geleerde persoon wat die Koran ken, en deur die gemeente gekies is. Die vyf gebede bevat verse van die Koran, en is in Arabies gesê, die taal van die Openbaring, maar persoonlike smeking kan in jou uie taal geoffer word.

Die tyd om te bid is aanbreek, middag, mid‐middag, sonsondergang en aand, dus hoe die ritme van die hele dag bepaal is. Hoewel dit verkieslik is om almal saam in ‘n moskee te bid, ‘n Moslem kan byna by enige plek bid, soos byvoorbeeld in ‘n veld, kantore, fabrieke en univeriteite. Besoekers na die Moslem wêreld word getref van die sentraliteit wat gebede op die daaglike lewe het.

New Mexico VSA

 

‘n Vertaling van die Roep na Gebede is:

Allah is groot. Allah is mees groot.
Allah is mees groot. Allah is mees groot.
Ek getuig dat daar geen god is behalwe Allah.
Ek getuig dat daar geen god is behalwe Allah.
Ek getuig dat Muhammad die boodskapper van Allah is.
Ek getuig dat Muhammad die boodskapper van Allah is.
Kom na gebed! Kom na gebed!
Kom na sukses ( in die lewe en in die Hierna)!
Kom na sukses!
Allah is mees groot. Allah is mees groot.
Daar is geen god behalwe Allah.

3. Die ‘Zakat’

Zakat hou die vloei van geld binne ‘n gemeenskap, Kaïro.

Een van die belangrikste beginsels van Islam is dat all dinge na God behoort, en dat rykdom dus deur mense in trust gehou word. Die woord zakat beteken beide ‘suiwering’en ‘groei’. Ons besittings is suiwer gemaak deur ‘n tersydestelling van ‘n gedeelte vir daardie wat nodig het en soos die snoei van ‘n plant, die terugsny bring ‘n balans en moedig nuwe groei.

Elke Moslem bereken sy eie zakat individueel. Vir die meeste doeleindes behels dit die betaaling elke jaar van twee en ‘n half persent van ‘n mens se kapitaal.

‘n Vroom persoon mag ook so veel gee soos hulle wil as sadaqa, en doen so verkieslik in geheim. Die woord kan ook vertaal word as ‘vrywillige liefdadighed’ dit het ‘n wyer betekennis. Die Profeet het gesê ‘as jy jou broer ontmoet met ‘n vrolike gesig is dit liefdadigheid.’

Die Profeet het gesê:

‘Liefdadigheid is noodsaaklik vir elke Moslem.’Hy is toe gevra: ‘Wat as iemand niks het nie?’Die Profeet het geantwoord:’ Hy moet werk met sy eie hande vir sy voordeel en dan iets van sy verdienste na lifdadigheid gee.’ Sy Metgeselle het gevra:’Wat as hy nie kan werk nie?’ Die Profeet het gesê: ‘Hy moet arm en noodige mense help.’Sy Metgeselle het verder gevra: ‘Wat as hy dit ook ne kan doen nie?’ Die Profeet het gesê: ‘Hy moet anders moedig om goed te doen.’ Die Metgeselle het gesê: ‘Wat as hy ontbreek om dit ook te doen?’Toe se die Profeet: ‘Hy moet homself stop van kwaad doen. Dit is ook liefdadigheid.’

4. Die Vas

Elke jaar in die maand van Ramadan, begin alle Moslims hulle vas van die eerste lig in die oggend tot sononder. Die vas is ‘’n onthouding van kos, drink en seksuele verhoudings. Daardie wat siek is, oud , op ‘n reis is en vroumense wat swanger of wat borsvoed is toegelaat om die vas te breek en om later in die jaar die gelyke nommer dae te vas. As hulle fisies nie in staat is om dit te doen, moet hulle kos gee na ‘n behoeftige mens vir al die dae wat hulle gemis het. Kinders begin om te vas ( en te bid) van die tyd dat hulle die puberteit inkom, maar soms begin hulle vroëer.

Al is die vas voordelig vir ‘n mens se gesondheid, is dit hoofsaaklik beskou as ‘n metode van self suiwering. Met die afsny van wêreldse geriewe, al is dit vir ‘n kort tyd, is die winste vir ‘n persoon dat hy simpatie begin voel met mense wat honger lei en ‘n mens voel ook dat hy geestelik ook groei.

5. Pelgrimstog

Pelgrims wat bid by die Moskee in Makkah

Die jaarlikse pelgrimstog na Makkah – die Hajj – is ‘n verpligting, maar net vir daardie wat fisies en finansieel in staat is om dit uit te voer. Nietemin, meer as twee miljoen mense besoek Makkah elke jaar van elke hoek van die wêreld. Dit verskaf ‘n unieke geleentheid vir mense van baie nasies te ontmoet. Al is Makkah altyd vol besoekers, die jaarlike Hajj begin in die twaalfde maand van die Islamiese jaar (maan jaar, nie son jaar nie, soms is die Hajj dieselfde tyd as die Ramadan in somer , soms kan dit ook in die winter wees). Pelgrims dra spesiale klere: eenvoudige drag sodat daar geen onderskeidings van klas of kultuur kan wees, so is almal gelyk as hulle voor God staan.

Tente van pelgrims

Die plegtigheid van die Hajj is van Abrahamitiese oorsprong. Ingesluit is om sewe keur om die Ka’ba te loop, en sewe keur tussen die berge van Safa en Marwa soos Hagar gedoen het toe sy vir water gesoek het. Dan staan al die pelgrims saam op die wye vlak van Arafa en bid saam vir God se vergifnis, in wat mense baie tyd dink dat dit soos ‘n voorskou van die Laaste Oordeel is.

In vorige eeue was die Hajj ‘n moeilike onderneming. Vandag is Saoedie Arabië baie goed voorbereid en oorsien dat miljoene mense genoeg water het, moderne vervoer en op datum gesondheidfasiliteite.

Die einde van die Hajj is met ‘n fees gemerk, die Eid al‐Adha wat gevier is met gebedens en die ruil van geskenke in Moslem gemeenskappe oor die wêreld. Die, en die Eid al‐Fitr, ook ‘n fees dag vat ‘n herdenking is van die einde van Ramadan, is die hoof feese van die Moslem kalender.


Hoe verdraagsaam is Islam teenoor ander oortuigings?

Die Koran sê:

God verbied jou nie, wat betref daardie wat nie teen jou veg oor jou gelof en nie vir jou van jou huis af wegjaag nie, dat jy hulle mooi moet hanteer en regverdig wees met hulle: want God is lief vir daardie wat regverdig is.

Koran 60:8

Een van die funksies van die wet van Islam is om die voorreg status van minderheide te beskerm, en dit is hoekom nie‐Moslem plekke van geloof oorals in die Islamiese wêreld gefloreer het.Geskiedenus wys baie voorbeelde van verdraagsaamheid teen ander oortuigings: toe die kalief Omar Jerusalem binne gekom het in die jaar 634, het Islam aan al die ander geloftes die vryheid gegee om hulle God te vereer.

Die wet van Islam laat toe dat nie Moslem minderheide hulle eie hof kan opstel, sodat hulle familie wette selfs kan opstel.


Wat dink Moslems van Jesus?

Jesus het baie respek en eer van Moslems, en hulle verwag ook sy Tweede Aankoms. Hulle beskou hom as een van die grootste boodskappers van God na die mensdom. ‘n Moslem sal nooit net vir hom oproep as ‘Jesus’nie, maar sal altyd ook se ‘laat daar altyd vrede op hom wees’. Die Koran bevestig sy maagde geboorte ( ‘n hoofstuk van die Koran is ‘Maria’ genoem), en Maria is beskou soos die suiwerste vrou in die hele skepping. Die Koran beskrywe die Aankondiging so:

‘Beskou!’het die Engel gesê, ‘God het jou gekies, en jou suiwer gemaak, en jou oor alle vrouens van alle nasies gekies. O Maria, God gee jou goeie nuus van ‘n woord van Hom, en sy naam sal Messias wees, Jesus seun van Maria, geëer in die wêreld en en in die Hierna , en een van die wat na God toe gebring is. Hy sal die mense spreek van sy wieg en in sy volwasheid, en sal regverdig wees’.

Sy het gesê: ‘O my Here! Hoe kan ek gegoorte aan ‘n seun gee, geen man het my aangeraak nie!’ Hy sê: Self so; God skep wat Hy wil. Waneer hy ‘n bevel gee, se hy “Wees!” en dit bestaan.’

Koran 3:42‐47

Jesus is wonderbaarlik gebore deur die selfde mag wat Adam ook in die wêreld gebring is, sonder ‘n vader.

Werklik, die gelykenis tussen God en Jesus, is soos die gelykennis van Adam en Hom. Hy het hom van stof geskep, en dan vir hom gesê,’Wees!’en hy was.

Koran 3:59

Tydens sy profeties missie het Jesus baie wonderwerke uitgevoer. Die Koran skrywe dat hy ons vertel het:

Ek het na jou toe gekom met ‘n teken van jou Here: ek maak vir jou van klei, soos dit was, die figuur van ‘n voël, ek gee dit asem en dit word ‘n voël met God se verlof. Ek nees die blind, en die melaates en ek wek die dooies met God se verlof.

Koran3:49

Nie Muhammad of Jesus het gekom om die basiese leer of die geloof in een God te verander, wat deur vroeër profeete gebring is, maar dit te bevestig en te hernu. In die Koran is dit berug dat Jesus gesê het:

Om te getuig oor die wet voor my koms. En om wettig te maak deel van die wat verbode was: ek het gekom met ‘n teken van jou Here, dat jy Hom moet vrees en My gehoorsaam.

Koran 3:50

Die Profeet Muhammad sê:

Die wat glo dat daar geen god is behalwe God, alleen sonder vennote nie, dat Muhammad Sy boodskapper is, dat Jesus sy dienaar en die boodskapper van God is, Sy woord is in Maria ingeasem en ‘n gees wat van Hom voorspruit, dat die Paradys en Hel waar is, sal deur God ontvang wees na die Hemel toe.

Hadith van Bukhari

Hoekom is die familie so belangrik vir Moslems?

Die familie is die fondament van die Islamitiese gemeenskap. Die vrede en sekuriteit wat ‘n stabiele familie eenheid aanbod is baie gewaardeer, en soos ‘n noodsaaklikheid beskou word vir die geestelike groei van die familie se ledes. .‘n Harmonieuse sosiale orde word geskep deur die bestaan van die uitgebreide familie; kinders is kosbaar, en verlaat nie maklik die familie voor hulle trou.


Wat van Moslem vroumense?

In Islam word ‘n vrou beskou, of getroud of enkel, soos ‘n individu in haar eie reg, sy het die reg om eiendom te koop of te verkoop en haar eie geld te maak. ‘n Huwelik bruidskat is van die bruidegom na die bruid gegee vir haar persoonlike gebruik, en sy hou die naam van haar familie.

Manne en vroumense moet beskei en waardig aantrek; baie vroue trek aan met tradisioneele aantrekings wat plaaslik gebruik word in die land wat hulle woon.

Die Boodskapper van God het gesê:

‘Die mees perfek geloof tussen gelowiges is hy wat die beste wyse en goedhartigsste teenoor sy vrou is.’


Kan ‘n Moslem met meer as een vrou trou?

Die geloof van Islam was geopenbaar vir alle samelewings en alle tye, en dit akkomodeer baie verskillende sosiale vereistes. Omstandighede kan wettig dat ‘n huwelik met meer as een vroumense kan wees maar die reg is net toegestaan volgens die Koran, net op die voorwaarde dat die man baie billik sal wees met al sy vrouens.


Is ‘n Islamiese huwelik soos ‘n Christen een?

‘n Moslem huwelik is nie ‘n ‘sakrament’nie, dit is ‘n eenvoudige wettlike ooreenkoms waar al twee vennote vry is om voorwaardes te stel. Dus, verskil huweliks gebruikte van een land na die ander. Die gevolg is dat daar nie baie egskeidings is, en al is dit nie verbode nie is dit altyd die laaste opsie. Volgens Islam, kan geen Mosle meisie gedwing word om te trou: haar ouers kan eenvoudig net voorstelle maak van manne wat hulle dink geskik is.


Hoe behandel Moslems hulle bejaardes?

Daar is geen ouetehuise in die Islamiese wêreld nie. Die druk wat kom met die versorging van ons ouers in die moeilikste tyd in hulle lewens: dit is ‘n eer en ‘n seën, en gee ons die geleenthuid vir groot geestelike groei. God vra dat ons nie net vir ons ouers bid nie, maar om ombeperkde deernis vir hulle ook te wys, en te onthou dat ons ook hulpelose kinders was en hulle het ons verkies oor hulle. Moeders is meer geëer: die Profeet het ons geleer dat ‘die Paradys lê by die voete van moeders’. As Moslem ouers oud word, word hulle ganadelik behandel met die selfde goedhartigheid en onselfsugtigheid wat hulle ons gewys het.

Om ons ouers te dien is a plig in Islam, dit kom tweede na ons plig on te bid, en dit is hulle reg om dit te verwag. Dit is veragtelik beskou om irritasie na ons ouers te wys, ou mense kan moeilik word en dit is nie hulle eie fout nie.

In die Koran sê dit:

‘Jou Here het jou beveel dat jy niemand anders as Hom aanbid nie, en ons moet goehartig met on ouers wees. As die een of al twee oud word saam met jou, moenie swak met hulle praat nie, spreek met eer en goedhartigheid. Behandel hulle met nederigheiden se, ‘My Here! Ontferm hulle, want hulle het my opgepas toe ek klein was.’

Koran 17:23‐4

Hoe sien Moslems die dood?

Soos die Jode en Christene, glo die Moslems dat die heidige lewe net ‘n toets is vir ons voorbereiding na die volgende koninkryk waarin ons gaan bestaan. Die basiese artikels van gelof sluit in:die Dag van Oordeel, opstanding, Hemel en Hel. As ‘n Moslem dood gaan, hy of sy word gewas, gewoonlik doen dit ‘n familielid, hy word toegedraai in ‘n wit lap, en begrawe met ‘n eenvoudige gebed, verkieslik op die selfde dag. Moslems beskou dit as die finale diens wat hulle kan opoffer vir ‘n familie lid en ‘n geleentheid om te onthou hoe kort ons bestaan op die aarde is.Die Profeet het ons geleer dat drie dinge kan aanhou om iemand te help na sy dood, ook na ons dood is: liefdadigheid wat hy geoefen het, kennis wat hy geleer het en gebede namens hom van ‘n regverdige kind.


Wat se Islam oor oorlog?

Soos Christenskap, laat Islam net toe dat daar geveg word as daar rede is vir selfverdediging, in die verdediging van geloof, of om iemand te help wat met geweld geskors is van hulle huise. Daar is streng rele van bestry wat neergelê is en hulle sluit in verbod teen benadeling van burgerlikes en die vernietiging van oesse, bome of lewenshawe. Soos Moslems dit sien, onreg sou triomfantelik gewees het in die wêreld as goeie manne nie bereid was om hulle lewens in gevaar te stel vir ‘n regverdige oorsaak nie. Die Koran sê:

Veg in die oorsaak van God teen die wat jou veg, maar moenie grense oortree nie. God hou nie van oortreeders nie.

Koran 2:190

As hulle vrede soek , dan moet jy ook vrede soek. Vertrou in God want Hy is die Een wat alles hoor en alles ken.

Koran 8:61

Dus, is oorlog ‘n laaste opsie, en die heilige wette het streng voorwaarders aggelê. Die term jihad beteken letterlik ‘stryd’, en Moslems glo dat daar twee soorte van jihad is. Die ander ‘jihad’ is die binne stryd wat almal van ons teen veg om ons egoïsties begeertes weg te jag en innerlike vrede te vind.


Wat van kos?

Die diëet wet van Islam is baie eenvougiger as die Joodse een en daardie van die eerste Christene, Moslems volg die wet wat verbied die verbruik van varkvleis en enige bedwelmende drank. Die Profeet het ons geleer ‘jou liggaam het regte oor jou’, en die verbruik van gesonde kos en die lei van ‘n gesonde lewenstyl is ons goddienstige verpligting.

Die Profeet he gesê:

‘Vra God vir sekerheid (van geloof) en welstand; want na sekerheid, is daar geen beter geskenk as gesondheid nie.’


Hoe waarborg Islam menseregte?

Die lewe en alle eiendom van al die burgers in ‘n Islamiese staat word beskou as heilig, of ‘n mens Moslem is of nie.

Rassisme is onverstaanbaar vir Moslems, want die Koran praat van meslike gelykheid soos volg:

O mensdom! Ons het jou van ‘n enkele siel geskep, manlike en vroulike, en jou in nasies en stamme gemaak, so dat julle mekaar kan leer ken. Eerlik, die mees vereer van julle in God se oë is die wat groot vroomheid wys. God is Alwetend, Albewaar.

Koran 49:13

Islam in die Verenigde State

Moskee in New Mexico, VSA

Dit is byna onmoontlik om te veralgemeen oor die Amerikaanse Moslems; daar is bekeerlinges, immigrante, fabriek werkers en dokters; hulle maak almal hulle bydrae na die toekoms van Amerika. Die kompleks gemeenskap is verenig in hulle algemene geloof, ondersteun met ‘n landwye netwerk van ‘n duisend moskees.

Moslems het vroeg gekom na Noord Amerika toe. Teen die agtiende eeu was daar baie duisend van hulle, hulle het soos sklawe gewerk op plantasies. Die vroeë gemeenskappe, was afgesny van hulle erfenis en families, omverwydelik met die tyd het hulle, hulle Islamiese identiteit verloor. Vandag speel baie Afro‐ Amerikaanse Moslems ‘n belangrike rol in die Islamies gemeenskap.

Die Islamiese Kultuurale Sentrum,
Washington DC.

Die negentiende eeu, het die begin van ‘n nuwe instroming van Arabiese Moslems gebring., die meeste van hulle het in industriële plekke hulself gevestig en hulle het hulle geloof in gehuurde kamers aangebid.

In die vroë twientigste eeu het honderde duisend Moslems van Ooste Europa na Amerika toe gekom. Die eerste Albaniese Moskee was in Maine in 1915 geopen; baie het gevolg en ‘n groep van Pools Moslems het ‘n Moskee in Brooklyn, in 1928 bebou.

In 1947 is die Washington Islamiese Sentrum gestig tydens die termyn van President Truman, en landwyd is baie organisasies gestig in die vyftigs. Baie gemeenskappe is daardie tyd gestig wat gemodelleer is op Islam. Onlangs het baie lede van die groepe weer lede van Islam ortodoksïe geword. Vandag is daar vyf miljoen Moslems in Amerika.


Die Moslim wêreld

Binnehof van die Groot Moskee,
Heratt, Afghanistan.

Die Moslem populasie in die wêreld is een miljard. 30% woon in die Indiese sub‐kontinent, 20% in Sub‐Sahara Afrika, 17% n Suidoostelike‐Asië, 18% in die Arabiese Wêreld, 10% in die Soviet Unie en Sjina. Turkye, Iran, Afghanistan bestaan uit 10% van die nie Arabiese Midde‐Ooste. Daar is Moslem minderhede in elke gebied, insluitend Latyns‐ Amerika en Ausrtalië, meestal in die Soviet Unie, Indië en Sentrale Afrika. Daar is 5 miljoen in die Verenigde State.

O mensdom! Ons het jou van ‘n enkele siel geskep, manlike en vroulike, en jou in nasies en stamme gemaak, so dat julle mekaar kan leer ken. Eerlik, die mees vereer van jullein God se oë is die wat groot vroomheid wys. God is Alwetend, Albewaar.

Koran 49:13
Universiteit Moskee Al Azhar ‘n sentrum van leer sedert 969 AD.
Iran | Mali
Al Khulafa Al Rashidin Moskee –
Asmara Eritrea.
Shibam, Handramout, Yemen
(Die Land van die Koningin Sheiba.)